Vir die kinders en jongmense

Kom ons begin met die goed wat vir Ouma lekker is. Ons het ‘n Train Carousel of, in Afrikaans ‘n treinmallemeule. Dis ‘n trein op spore, gaan stadig om en om. Ideaal vir Ouma’s. Hulle sal kan waai en fotos neem en glad nie onrustig wees.

Hierdie een is bietjie meer waghaalsig. Ouma se hart sal so ‘n klein bietjie vinniger klop – Dis die “Carousel swing” Baie pret met die wind in jou gesig as Jy uit, op en af swaai – lekker.

Ouma gaan glad nie van hierdie een hou nie. Dis die “Gyroscope” of, sĂȘ Google, ‘n gyroskoop. Glad nie vir bangbroeke nie, maar groot pret as jy in onbeplande rigtings vlieg – soos ‘n voeltjie sonder stertvere. Hier is Ouma sterk aan die mompel.

Ons laaste speletjie is ‘n “4 man bungee trampoline“. Ons beveel aan dat jy Ouma na die teetuin lei en vir haar ‘n warm koppie tee koop saam met ‘n stuk van die mooiste koek beskikbaar in Roodepoort. Intussen sal die jong mense spring tot 7 meter hoog in ‘n harnas saam met 3 anders. Selfs Groote pret!

Fotos soos verskaf.

.

SKYFSKIET

Daar is ook skyfskiet met windbuks onder baie streng toesig.

.

DIE MOTORWRAK

En dan het ons die heel interessante aktiwiteit wat nie eintlik ‘n speletjie is – die motorwrak.
Hier, vir ‘n klein fooitjie, kry jy ‘n veiligheidsbril, ‘n swaar hamer en vyf minute om ‘n karwrak selfs meer af te breek. Pa (en Ma) kan ook deelneem!