13 Dae om te gaan – Dis hoe U ons kan help

Dis net 13 dae tot die 2019 weergawe van die Westrand Car Show so nou is die tyd om oor geldjies te gesels. Die Westrand Car Show is NG Kerk Mindalore se jaarlikse fonds insameling projek. Ons noem die verrigtinge om die Car Show die “Jubelfees”. In die ou dae was dit sommer net ‘n bazaar. Hoekom vertel ek julle dit?

Dis eenvoudig. Ons het die NG Mindalore gemeente ingespan maar dit sal nie ‘n groot sukses wees as die gemeenskap nie betrokke is nie. So ons het almal se hulp nodig. En voor jy vra, gaan ek vir jou ‘n paar idees gee waar jy kan betrokke wees.

1

Wees net daar op 31 Augustus.
Ons begin om 08:00 an ruim op so 14:00.
Ingangs fooi is ‘n skamele R10 vir volwassenes en kinders 10 jaar en ouer.
Parkering is beskikbaar teen R10 per kar.

2

Sê vir Pa, Oupa, Oom, Boetie, Beste Vriend “Maak jou ou kar skoon en ordentlik en vat haar Westrand Car Show toe“. Dis as die ou kar voor 2000 gebou is!

3

Dalk kan jy vir ons jou gunsteling koek bak en dit aflewer op Saterdag oggend by die teetuin of miskien kan jy jou man se gunsteling poeding maak (hy kan dit dan sommer terug koop by die skou!) Vir meer inligting bel vir Marlize Serfontein 083 697 0002 vir koeke of Gertina Breet vir poeding op 072 782 5581.
Ons sal ook baie dankbaar wees vir beskuit en kleinkoekies.

4

En as jy ‘n klein bedraggie wil inbetaal as ‘n bydrae tot ons werk oor die volgende jaar ons bank besondere is:-
ABSA Westgate
Bankkode 632005
NG Mindalore Tjek rek 0310581348

Merk dit asseblief “Karskou” en as jy ‘n briefie van ons wil hê om die inbetaling te bevestig stuur ‘n afskrif van jou EFT na brucea@twk.co.za

.