My uitkykpos op die Ford se voorste sitplek

MET WAARDERING AAN JOHAN VAN WYK WAT DIE STORIE GESKRYF HET.

Johan van Wyk is ‘n joernalis en skrywer en woon langs die see naby Gordon’s Baai. Die storie het eers verskyn in Beeld en is met permissie van die skrywer weer gepubliseer.

Waarvoor gaan kindertjies nou uitkyk om ‘n geldtjie te maak wanneer hulle Redelinghuys, sonder ‘n kerktoring, in hulle pa’s se bakkies nader?

‘n Kerktoring is mos die eerste sigbaar wanneer jy ‘n dorp in Suid-Afrika nader. Wanneer ons van die Kaap of deur die Ceres-Karoo op pad Calvinia toe was moes ons daarvoor uitkyk.

By Blinkvlei sou my pa sê: “Die een wat die kerktoring eerste sien, kry ‘n sikspens!” (Namate lekkergoed duurder geword het, het hy dit na ‘n sjieling en nog later tot ‘n halfkroon opgeskuif.)

Omdat my suster ouer en langer was het ek ‘n effense agterstand gehad, maar dit te bowe gekom deur oor die voorste sitplek se leuning te klouter en tussen my pa en ma te gaan sit. Jy kon, want die ou karre het ‘n aanmekaar sitbank gehad en nie twee stoele nie.

Dit het my kanse om die NG Moedergemeente se rysige toring eerste te sien aansienlik verbeter. My pa sou egter waarsku: “Maar sit stil, sodat jy nie die gear lever per omgeluk uit top druk nie”.

In die 1940’s het Fords en Mercury’s (my pa was sy lewe lank ‘n Ford-man) se ratkierie nie meer op die vloer gesit nie, maar langs die stuurkolom. Hy had drie verstellings: low, second, top. Jy het weg getrek in low, die laagste rat, oorgesit na second en dan na top, die derde rat, oftewel pad-gear. Van die duurder Amerikaanse karre soos die Chrysler het later ‘n overdrive gehad – ‘n vierde rat.        

Dan kon jy voet in die hoek sit. So by so dat Krisjan Blok se Plaas gespog het hy ry Bokveldsberg, die Van Rhynspas, so vinning uit in sy Oldsmobile Rocket 88 in overdrive dat die telefoonpale langs die pad soos ‘n kam se tande staan. Ek dink hy het dit bygelieg.

Tussen pa en ma op die uitkyk vir die kerktoring sou my pa maan: “Skuif na jou ma se kant dat die gear lever jou nie ‘n blou kol op jou boud slaan nie. As die stofpad baie sinkplaat was het die gear lever langs die Ford se stuurkolom op en af gewip. Die Chev-karre s’n nogal nie so erg nie.

Die ergste was egter die van oom Koos Vlok se Dodge Fargo-bakkie. Toe ek tussen hom en my pa in die Fargo op pad Downes toe was om ‘n trop skaap op die trein te help laai het oom Dowe Koos vermanend gesê: Jong, ek dink jy moet op jou pa se skoot sit voor die gear lever jou katswink slaat!”

Hy het ‘n ou kakiejas aangehad waarvan die kraag hoog opgeslaan was.Dit was Juliemaand en bittelik koud in die Fargo sonder ‘n verwarmer. Langs die pad het die groot vaalgroen bosse soos die winkende hande in Eugene Marais se “Winternag” in ‘n droewige noordewind gewuif soos ‘n meisie in haar liefde verlaat.

Soos nou oor die swart verbrande murasie op Redelinghuys – en die van die Notre Dame in Parys.

Tea Garden, cakes and puddings

IMAGE ATTRIBUTION
1948 Ford Super Deluxe V8 – Charles01 [CC BY-SA 4.0]
1948 Ford Super Deluxe V8 – Charles01 [CC BY-SA 4.0 ]
Dodge Fargo Bakkie – dave_7 from Lethbridge, Canada [CC BY 2.0]
Johan van Wyk – Self
Redelinghuys NG Kerk  – Maroela Media via Facebook

The Images of the five churches above are used with permission of the photographer – Freda Andrew

The Westrand Car Show is a Classic Car Show. TO QUALIFY FOR ENTRANCE TO A COMPETITIVE CLASS, VEHICLES MUST HAVE BEEN BUILT OR REGISTERED FOR THE FIRST TIME IN 1999 OR EARLIER. Only the first 180 QUALIFYING vehicles will receive a commemorative medallion. Any newer vehicle is welcome to be entered as a “non-competitive vehicle” and to be placed on show just because of “the spirit of motoring” and the desire to share the joy that your wheels bring you, with all of the rest of us. See the list of classes below and the entrance form. Remember its a fun day, so don’t take it too seriously.

Non-Competitive vehicles may enter at the gate on the day.

The Westrand Car Show is an alcohol-free event and any person found to have in their possession or to be consuming alcohol will not be admitted and/or will be asked to leave the premises of Dr. Havinga School. 

oooOOOooo

Die Westrand Car Show is ‘n klassieke motorskou. OM TE KWALIFISEER VIR TOEGANG TOT ‘N KOMPETERENDE KLAS, MOET VOERTUIE VIR DIE EERSTE KEER IN 1999 OF VROEËR GEBOU OF GEREGISTREER WORD. Slegs die eerste 180 KWALIFISERENDE voertuie sal ‘n gedenkmedalje ontvang. Enige nuwer voertuig is welkom om as ‘n “nie-mededingende voertuig” ingeskryf te word, en dit net te danke aan” die gees van motor” en die begeerte om die vreugde wat u wiele vir u bring, saam met ons almal te deel. Kyk na die lys van klasse hieronder en die ingangsvorm. Onthou, dis ‘n pret dag moenie dit te ernstig opneem.

Nie-mededingende voertuie mag op die dag by die hek inteken.

Die Westrand Car Show is ‘n alkoholvrye gebeurtenis, en enige persoon wat bevind is dat hy in besit is en/of alkohol inneem, sal nie toegelaat word nie en/of gevra sal word om die perseel van die Dr. Havinga skool te verlaat.

Competition Classes Enter Your Vehicle

The Images of the five churches above are used with permission of the photographer – Freda Andrew