1939 Fiat 500 Topolino Convertible, Westrand Car Show, Veteran Cars, Vintage Cars, Classic Cars, Street Customs, SuperLDVs, Hot Rods, Muscle Cars, Motorbikes,

Durban to Pietermaritzburg

‘n 1947 Pontiac en ‘n 1949 Fiat 500 C

Westrand Car Show
WestRand Car Show

Toe ek so ses of sewe jaar oud was ons op ‘n vakansie in Durban. My Pa het ‘n 1947 Pontiac gery, soos hierdie weergawe. Ons was regte Vaalies van Klerksdorp. My Oupa en Ouma was saam op die vakansie maar hulle het in hul eie kar gery – ‘n piepklein 1949 Fiat 500 C. Ook grys soos die een.

So die karre was klaar 8 of 10 jaar oud en die pad van Durban na Johannesburg en Klerksdorp was nou, met baie kronkels, styl bulte en swak padtekens.

Soos alles wat mooi is kom die vakansie tot ‘n einde. Ons kry ons laaste roomys op die strand en terug hotel to, gebad en vroeg in die bed want more ry ons.

Food and Drink

En toe begin die dag so. Ouma en Oupa is gepak en reg om te ry, maar ons was bietjie stadig uit die blokke. Toe sê my Pa vir Oupa “Go ahead Dad, we’ll catch you along the way. We’ll stop at the garage over the bridge as you go into Maritzburg and we’ll have breakfast there, and don’t worry, we’ll be there before you”

Toe ry die ou mense en so 20 minute later is ons ook op pad. Ons ry Fields Hill op, die lang styl pad Botha’s Hill op, verby Kearsney College, geen Oupa te sien. Deur die valley of a thousand hills, Harrison flats maar nog steeds geen Oupa.

Toe kom ons by Pietermaritzburg en stop soos gereel. En wie sit daar, amper klaar met hulle ontbyt? – Ouma en Oupa. Oupa, met die bree glimlag kyk vir sy skoenseun en sê “Well Vic, goes to show you, small 4 cylinders thrashes big 6 cylinders, Shall we race to ladysmith from here?”

My pa het daardie storie vir jare en jare oor en oor vertel.

Beeld Toeskrywing
1946 Pontiac – Greg Gjerdingen, Willmar USA
1949 Fiat 500c Topolino Andrew Bone, Weymouth, UK

Lees meer oor Pontiac en die Fiat Topolino